ONS SIEN, MAAR ONS IS BLIND

OPEN YOUR EYES AND SEE.

ONS SIEN, MAAR ONS IS BLIND

GISTER neem ons Vail vir sy covid toets. Nee, ons wou nie maar hy kan nie opgeneem word in die hospitaal daarsonder nie.

Ewentewelle, in die tent waar hulle die toetse doen, staan ‘n groot houer met rooi plastiek binne
-in en’ n deksel bo-oor. Op die kante is groot rooi sirkels en die woorde: Bio hazardous waste en die aanbeveling dat dit gebrand moet word.

Dit herhinner my aan berigte waar sulke houers gevind is en mense toe ook die naalde ens gebruik het! Ja, daar is mos sulke mededeelsame persone wat hul naalde deel. Zip.

Vanoggend kom die prentjie toe weer by my op tydens ‘n gesprek met ‘n vriendin.
In hierdie tyd gebeur baie dinge in ons samelewing en families raak haaks, kies kante en huwelike breek op.
Met haar, alhoewel die ondervinding baie pynlik was, het sy teen ouer raad in, besluit om haar man te omhels eerder as te verstoot.
Toe onthou ek hierdie bio hazard boks en veral die aanbeveling, brand dit.
Maak vir jou so ‘n boksie, sê ek. Skryf op, gaan haal al die onderonsies, lelike goed wat gesê is, menings wat gevorm is, besluite wat geneem is – en pak hulle in hierdie boksie in!
Vra sommer al die betrokkenes om hulle eelte en koorsere en hartspyne en emosie-asma ook in ‘n boks te gooi, dalk leer hulle iets.
DAN BRAND JY HOM!!!

Baie belangrik daai, brand hom.
Al voel jy nog in jou siel jy dra die goed saam, glo my, as jy hierdie geloofsaksie doen, begin die goed verdwyn.
Ja, jy moet ‘n regte boks vat! Jy moet met jou mond verklaar wat jy alles daar inpak.
Jy moet hom op ‘n veilige plek aan die brand steek.

Dan GLO jy, soos die wind die rokies en flentertjies wegwaai van al jou sorrows en wrongdoings, VAT die vergifnis!
– want as jy nie vergewe nie, word klein goetertjies soos bio hazardous waste, it turns your life into a wasteland!
As jy dit nie brand nie kan jy of die persone wat betrokke is dit ook net weer loop uitgrawe!
Brand dit en sê : Dankie Abba Vader, vir die kans om oor te begin.

Vergewe soos wat jy vergewe wil word.

SHALOM.
Vici Perrin.