A5, 152 bladsyeIn die boek Breek die Grendels, vertel speuder, rugbyafrigter, predikant en radio-omroeper, Johann Lerm, meer as 70 stories van geloof, hoop en liefde uit die alledaagse lewe en gebeurtenisse van mense.‘n Daaglikse geloofsreis saam met God, waar opnuut ontdek word dat Hy nog altyd dieselfde, liefdevolle en onveranderlike God is. Niks verras Hom nie en Hy is altyd in beheer. Hy beskerm, voorsien en lei ons. Hy gee ons ook insig om die regte besluite te neem.