Shop Menu
Breek die Grendels
Breek die Grendels
Price range: R126.00 through R180.00
Description
In die boek Breek die Grendels, vertel speuder, rugbyafrigter, predikant en radio-omroeper, Johann Lerm, meer as 70 stories van geloof, hoop en liefde uit die alledaagse lewe en gebeurtenisse van mense.
Stories uit die media en alledaagse gebeurtenisse vorm die basis vir praktiese oordenkings om hoop te gee en onder leiding van die Heilige Gees, grendels te breek wat ons dikwels knel. Die oordenkings gaan gepaard met Skrifaanhalings en is dus ideaal vir persoonlike gebruik, maar ook in selgroepe, Bybelstudiegroepe, vir huisgodsdiens en gemeentestudie.
Dit is ‘n praktiese geloofsreis waar die goedheid, liefde, almag, genade, krag en sorg van ons liefdevolle hemelse Vader deur wonderwerkoomblikke demonstreer word.
Author: Johann Lerm | Publisher: Sela | Johan Lerm | Language: Afrikaans | Date Published: 2021 | Size: A5 | # Pages: 152






