Your cart is currently empty!

Willie Havenga
About
Willie Havenga is gebore te Bronkhorstspruit in 1961, grootgeword in Cullinan en gematrikuleer aan die hoërskool Rob Ferreira in Witrivier. Na skool gekwalifiseer hy as ‘n onderwyser aan die Onderwyskollege van Pretoria en het begin skoolhou na afhandeling van nasionale diensplig in 1985.
Uit sy huwelik met Anne-Marie is drie kinders gebore. Willie en sy vrou woon tans in die pragtige dorp Ceres, wat geleë is in die vrugbare Ceresvallei waar druiwe en vrugtebome geil groei.
Met dertig jaar ondervinding in onderwys en tien jaar as entrepreneur het hy in ‘n wye veld ervaring opgedoen. In die onderwys het hy onder andere vir 20 jaar as skoolhoof, uitvoerende hoof en rektor gedien en is deeglik opgelei in die “Universiteit van die lewe”.
Met sy Godgegewe gawes is Willie diensbaar in sy gemeenskap as welstandberader, motiveerder en geestelike leier. Deur die loop van sy lewe het hy kuns beoefen en het nog altyd ‘n voorliefde vir skryfwerk gehad. Sy skryftalent het hy hoofsaaklik van sy pa gekry omdat hy die mooiste skrif en kalligrafie gebruik het wanneer hy notas en kaartjies gemaak het.
Willie is tans besig met ‘n kombinasie van bogenoemde gawes en is ook ‘n onderwyskonsultant, geestelike motiveerder en kunstenaar. Hy doen alles onder die vaandel van “Kwanta Ventures”. In die kwantum fisika beteken dit dat materie wat beweeg, kwantumspronge gee en hy het dit van toepassing gemaak in ons geloofswêreld. Wanneer ‘n mense spronge gee in die geloof, dan groei jou geloof anders is mens geestelik dood.
Willie Havenga hoop om nog ‘n paar boeke te kan skryf en vertrou dat die Here dit sal seën tot opbouing van mense en gemeenskappe.
Titles by Willie Havenga
-
Ja Here, Ek glo!Price range: R150.00 through R250.00

