Ja Here, Ek glo!

Ja Here, Ek glo!

Price range: R150.00 through R250.00

Description

Tyd … is ‘n wonderlike ding … God se tyd.

Ja Here, ek glo is geïnspireer deur die Heilige Gees.  Dit bevat ‘n samevatting van 25 jaar se joernaalinskrywings, geestelike-   en persoonlike ervarings en getuienis.  Die doel van die boek is om ander mense te inspireer om God te vertrou, saam met Jesus op die water te loop en onder die leiding van die Heilige Gees as oorwinnaars deur die lewe te gaan.

Hierdie is nie ‘n teologiese of akademiese boek nie. Dit is ‘n persoonlike getuienis van iemand wat ‘n pad loop soos al die mense van wie ons in die Bybel lees. Daniël, Isak, Gideon, Petrus, Rut, Akwilla, Priscilla en die mense van vandag, Willie, Pieter, Hannes, Anne-Marie … elkeen van ons is vir God belangrik. Glo ons dit of stoei ons met allerhande voorwaardes, dogmas en leerstellings?

Gee ons kwantumspronge in geloof of haak ons vas by die bekende roetine en gewoontes van godsdiens?

Die wêreld en die sosiale media krap ons geloof deurmekaar en laat ons twyfel. God, die skepping, Jesus, Heilige Gees, alles word betwyfel. Die moderne mens is selfgesentreerd en laat hulle nie meer deur die Gees van God lei nie.

Mag hierdie boek vir die leser ‘n aangename geur wees en ‘n inspirasie om uit die boot te klim en die net aan die anderkant uit te gooi.

Skink ‘n koppie koffie en geniet Ja Here, ek glo.



Author:
Willie Havenga | Publisher: Sela | Independent | Language: Afrikaans | Date Published: 2025 | Size: A5 | # Pages: 200

Sela Books
Bellville, 7530

Contact Hours:
Monday – Friday | 8am – 5pm

Additional Information
Privacy Policy
Terms and Conditions

Need Assistance?

Need Assistance?

Sela Books
Bellville, 7530

Contact Hours:
Monday – Friday | 8am – 5pm

Additional Information
Privacy Policy
Terms and Conditions