2026 Daily Planner, Proverbs 31 | 2026 Dagbeplanner, Spreuke 31
Original price was: R380.00.R350.00Current price is: R350.00.(Product Short Description)
Free Shipping on orders over R1000
Shop Menu
Showing 1–16 of 26 results

(Product Short Description)

A5, 164 pg (SELA)
Pieter Biewenga het vir 15 jaar tussen Suid-Afrka en Angola gereis, omdat God aan hom ‘n opdrag gegee het om die Evangelie van Jesus Christus aan die vergete mense van Angola te bring. Hy vertel van tye van twyfel, vervolging, teleurstelling, maar ook van tye van oorwinning, wonderwerke en deurentyd van God se getrouheid.

In ‘n gemaklike gesels styl deel Ockie waarhede omtrent die Heilige Gees. Ockie skryf: “Dit is my begeerte dat u opnuut weer die wonderlike krag van Jesus Christus deur die teenwoordigheid van die Heilige Gees in alle omstandighede, die goeie tye, sowel as in die slegte tye, in u lewe sal ervaar.” Author: Ockie Taylor…

A5, 145pg (SELA)
Deur Rina se skrywersvernuf en sin vir humor deel sy in nederigheid haar geloofspad wat demonstreer hoe God intens betrokke is by ons; van ‘n kindergebed vir maatjies by die skool tot smeking vir reën.

40pg (SELA)
Kyk met nuwe oe na bome! In die Bybel word daar dikwels van bome gepraat. Jesus leer ons dat ‘n boom aan sy vrugte geken word en dat ‘n goeie boom goeie vrugte dra. Mense is ook soos bome. En sonder Jesus kan geen boom goeie vrugte dra nie.
Geskik vir jong kinders.
Blombos Uitgewers

A5, 152 bladsye
In die boek Breek die Grendels, vertel speuder, rugbyafrigter, predikant en radio-omroeper, Johann Lerm, meer as 70 stories van geloof, hoop en liefde uit die alledaagse lewe en gebeurtenisse van mense.
‘n Daaglikse geloofsreis saam met God, waar opnuut ontdek word dat Hy nog altyd dieselfde, liefdevolle en onveranderlike God is. Niks verras Hom nie en Hy is altyd in beheer. Hy beskerm, voorsien en lei ons. Hy gee ons ook insig om die regte besluite te neem.

Lynette Strydom leef haar droom met hierdie uitgawe van Briewe uit my hart. Haar liefde om haar ervarings en gedagtes neer te pen deur haar kortverhale en briewe aan tydskrifte het ook reeds vele vrug gedra. In hierdie bundel kry die leser die geleentheid om saam met haar op reis te gaan en te deel…

A5, 52pg (SELA)
Plaasstories met ‘n kinkel in die kabel : Blombossie Uitgewers
7 kort stories, met gebed en skrifgedeelte : ‘n werkboek is ook beskikbaar – geskik vir graad 1 tot 3

A4, 22pg (SELA)
Plaasstories met ‘n kinkel in die kabel.
Die werkboek word saam met die leesboek, met dieselfde titel, gebruik

Lucille May woon in Stellenbosch, Suid Afrika. In ‘n sin het sy ook in Stellenbosch gesterf. Haar storie is verweef met eg Suid-Afrikaanse kwessies soos Afrikanerskap en godsdiens, konformiteit en vryheid, ras en gelykheid. Wanneer hierdie issues gestroop word van alle pretensie is dit by tye bitter snaaks maar ook soms baie hartseer. Haar boek…

(Product Short Description)

Fransie wil ‘n nessie vir Marie, die pragtige vinkwyfie, bou. Maar o wee… gaan hy dit ooit reg gebou kry?
Kom, help Fransie om vir hulle ‘n mooi, stewige en veilige nessie te bou.
Fransie bou ‘n nessie, is ‘n storie wat reeds baie jare deur Tannie Marie Conradie vertel is. Tog, is die lewensles vasgevang in hierdie pragtig geïllustreerde inkleurboek steeds relevant.

In sy tweede boek, Grendelbrekers, gaan Johann Lerm voort om stories van geloof, oorwinning en hoop te deel. Stories vanuit die alledaagse lewe en gebeurtenisse van mense, waarna hy as Grendelbrekers verwys.
Sy agtergrond as speurder, predikant, rugbyafrigter en radio-omroeper word ingespan om lesers opnuut te laat ontdek dat God nog altyd dieselfde liefdevolle en onveranderlike God is.
Hy is altyd in beheer en Hy gee om vir ons.
Die oordenkings gaan weer gepaard met Skrifaanhalings en is ideaal vir persoonlike gebruik, maar ook in selgroepe, Bybelstudiegroepe, huisgodsdiens en
gemeentestudie.
Dit is ‘n praktiese geloofsreis waar die goedheid, liefde, almag, genade, krag en sorg van ons liefdevolle hemelse Vader deur
wonderwerkoomblikke gedemonstreer word.

(Product Short Description)


Hoe leef mens na die stilgeboorte van jou seun?
Kraamsaal van genade is ‘n getuienis deurweek met God se genade ten midde van die hartverskeurnede gebeure en naloop van die stilgeboorte van Mariska en Bennie se seun en haar pad na oorwinning. Mariska vra die leser om ook self te kyk na daardie dooie massa wat ons so baie maal saam met ons dra, en toe laat dat die Hemelse Vader se genade genesing bring, juis daar waar ons die diepste seergekry het.
Sela Books
Bellville, 7530
Contact Hours:
Monday – Friday | 8am – 5pm
Additional Information
Privacy Policy
Terms and Conditions
Sela Books
Bellville, 7530
Contact Hours:
Monday – Friday | 8am – 5pm
Additional Information
Privacy Policy
Terms and Conditions
Your cart is currently empty!
Notifications